Helping drought-stricken farmers

alt

ʼn Koekiefabriek, Khayelitsha Cookies in Ndabeni, Kaapstad, het met die hulp van Tygerberg104fm altesaam R1,27 miljoen ingesamel om vragmotors te borg vir die vervoer van droogtevoer aan boere.

Me. Adri Williams, hoof uitvoerende beampte van Khayelitsha Cookies, het Maandag saam met Tygerberg104fm ‘n projek begin om fondse in te samel vir boere op die rooilys. Haar doel was om genoeg geld in te samel om slegs één vragmotor te borg wat voer kon vervoer.

Die reaksie was oorweldigend en op Donderdag, 4 Februarie, is genoeg geld ingesamel om tien vragmotors te kan borg! Williams het met dié projek, ProjekSOS, meer as R1,27 miljoen sedert Maandag ingesamel. Williams het ook namens haar maatskappy ‘n vragmotor geborg.

Dis een van die grootste fondsinsameling waarby Tygerberg104fm  die afgelope 22 jaar betrokke was. Media24 en Landbouweekblad steun die projek en moedig lesers aan om ‘n bydrae te maak.

Khayelitsha Cookies word deur vroue besit én bestuur en is ‘n maatskappy wat werkskepping ten doel het. Slegs vroue uit Khayelitsha, een van die armste townships in die land, word in diens geneem.

* Die projek eindig Vrydag, 5 Februarie.

 
Home Page >> Helping drought-stricken farmers